
Die ekspo het in 2011 die Landbounavorsingsraad (LNR) se Bien Donné Ekspo, wat vir byna 70 jaar aangebied is, gekombineer met Agri Mega se suksesvolle Ekspo, Agri Cape Week wat voorheen in Agter-Paarl aangebied is. Die resultaat is ‘n nuwe geleentheid, gewortel in dekades se tradisie, en tog gefokus op die toekoms en volhoubare verandering. Bien Donné Landbou Ekspo is dus terug in ‘n nuwe baadjie!
Die term volhoubaarheid het in hedendaagse taal ‘n gonswoord geword wat dikwels lukraak gebruik word. Dit verwys na die oes of gebruik van ‘n hulpbron sodat die hulpbron nie uitgeput of permanente skade aangerig word nie.
Met hierdie verklaring in gedagte, plaas Bien Donné Agri Cape Week 2012 se tema: “Verandering vir volhoubaarheid”, ‘n insiggewende blik op die landboubedryf, spesifiek die intensiewe vertakkings van landbou waarvoor die Wes-Kaap bekend is.

Die formaat van ekspo's wat deur Agri Mega aangebied word, verskil wesenlik in aard. Dit is baie meer as net 'n ekspo, dis 'n interaktiewe geleentheid met 'n unieke samestelling van landbou- en industrie-gerigte uitstallings, demonstrasies, werk- winkels en inligtingsdae, kompetisies, skoolprogramme en opleidingsgeleenthede. Hier word die besoeker die geleentheid gebied om skouers te skuur met prominente rolspelers, nie net in die onderskeie bedrywe nie, maar ook vanuit regeringsvlak en georganiseerde landbou, asook met verteenwoordiging vanuit kommoditeits-organisasies, landboubesigheid, navorsing- en opleidingsinstansies. En bowenal word hy/sy die geleentheid gebied om kennis te maak met die nuutste tegnologie en produkte, navorsingsresultate en bevindings - 'n besonderse geleentheid vir kruis- bestuiwing en inligting uitruil.

Die term volhoubaarheid het in hedendaagse taal ‘n gonswoord geword wat dikwels
lukraak gebruik word. Dit verwys na die oes of gebruik van ‘n hulpbron sodat
die hulpbron nie uitgeput of permanente skade aangerig word nie.
Met hierdie verklaring in gedagte, plaas Bien Donné Agri Cape Week 2012 se tema:
“Verandering vir volhoubaarheid”, ‘n insiggewende blik op die landboubedryf,
spesifiek die intensiewe vertakkings van landbou waarvoor die Wes-Kaap bekend
is.


‘n Vertoonforum van suksesvolle CPAC (Commodity project assessment committee) projekte en hul uitsonderlike boerdery aktiwiteite in die Wes-Kaap;
• ‘n Sterk fokus op die Verpakkingsbedryf vir spesifiek die vrugte en wingerd bedrywe –en ‘n timber lane wat spesifiek fokus op hout en produkte vervaardig uit hout;
• Uitstallings en programme gefokus op hernubare energie;
• Bevordering van verhoging van produktiwiteit en werkgeleenthede in die landbou;
• Vleisbees en skaaprasse en ‘n fokus die branding van vleisprodukte gekoppel aan ‘n spesifiek ras;
• ‘n Mondwater, lippe-aflek braaikompetisie;
• Organiese produksie en tonnelverbouing
• Bemarking van organiese Wes-Kaapse produkte;
• ‘n Produktemark vir kleinboere in die Wes-Kaap;
• Wynproe geleenthede en opleiding
• Werkwinkel vir Wynproelokaalpersoneel: Van die Wingerd tot die Wynglas
• Produsentgerigte werkwinkels in samewerking met kommoditeitsorganisasies soos Vinpro, Hortgro DIENSTE en die RPO Wes-Kaap.


![]() |
![]() |
|||
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |

















