Agri Mega Week 2011 - Kompetisie

Daar wag heerlike kompetisies vir almal met vanjaar se Agri Mega Week 2011 wat plaasvind vanaf Woensdag 14 tot Vrydag 16 September op Mega Park in Bredasdorp.

Luisteraars wen met Radio Helderberg en Agri Mega Week 2011
Vanaf 8 Augustus wen 4 gelukkige luisteraars van Radio Helderberg weekliks lekker pryse, insluitend gratis toegangskaartjies tot Agri Mega Week 2011, asook heerlike geskenkpakke van Santam Landbou, Total, Swartland Wyn en Olyfroete, Worcester Toerisme en Boland Pure Plaasmark. Luister na Radio Helderberg elke weeksdag en neem deel aan die Agri Mega Week SMS kompetisie.

Besoekers wen GROOT by Agri Mega Week 2011
Total Suid-Afrika, mede-hoofborg van Agri Mega Week 2011, bied saam met die Bestuur aan besoekers die kans om elke dag van die Ekspo 'n fantastiese wegbreek van 3 nagte vir 4 persone in die Nasionale Kruger Wildtuin te wen. Geskenkpakke van Santam Agri, Swartland Wyn en Olyfroete, Worcester Toerisme en Boland Pure Plaasmark kan ook gewen word. "Besoekers wat wil kwalifiseer vir hierdie fantastiese wegbreek en vele meer pryse, moet hul toegangskaartjies by die TOTAL-stalletjie in die splinternuwe TOTAL Uitstalsentrum inhandig,"sê Teresa Labuschagne van Agri Mega Promotions. Toegangsgeld na die Ekspo is R25 vir volwassenes en R10 vir skoolgaande kinders.

Uitstallers wen ook by Agri Mega Week 2011
Uitstallers staan die kans om 'n addisionele standplaas by Agri Mega Week 2012 te wen, sowel as vele ander pryse wat op die spel is. Uitstallers se perseelnommers en besoekers se toegangs-kaartjies sal kwalifiseer vir 'n gelukkige trekking tydens 'n spesiale geleentheid by Agri Mega Week 2011.

"Die kompetisie is egter nie die enigste rede vir besoekers om na Agri Mega Week 2011 te kom nie. Daar is nog vele hoogtepunte soos die Absa BKB Merino Classic, ander skaap- en beesrasskoue, demonstrasies, kompetisies, top uitstallings en vele meer. Agri Mega Week 2011 is vanjaar 'n tuiste vir die hele gesin met ons tema 'Landbou vir die Mense' - kom kyk gerus waar die brood in jou kosblik, die wolbaadjie aan jou lyf, en die vleis op die kole vandaan kom," sê Labuschagne.

Vir meer inligting oor Agri Mega Week 2011 of vir besprekings, kontak gerus vir Reinette Basson by 021 863 0701 of e-pos: eventsadmin@agrimega.co.za