Deelname aan 'n Wenresep

Die Suid-Afrikaanse ekonomie gaan deur 'n laagtepunt, maar die landbousektor slaag daarin om op verskeie fronte te blom as gevolg van goeie seisoene en goeie vooruitsigte. Landboukommoditeitspryse lyk ook goed. Agri Mega bied vanjaar vier prominente ekspo's aan wat landbou in sy geheel op die verhoog plaas. Elkeen van hierdie ekspo's het sy eie unieke karakter, kultuur en teikenmarkte, maar voltooi 'n legkaart van dinamiese landbou interaksie oor die totale spektrum.

Ons ekspo's fokus daarop om alle belangegroepe vanaf produsente tot verbruikers te akkommodeer in dit wat aangebied word. By hierdie ekspo's word dus 'n mark geskep vir elke uitstaller wat die landbou met goedere en dienste bedien. Indien uitstallers aan elkeen van hierdie ekspo's deelneem word 'n geleentheid benut om bykans 50 000 besoekers met potensiële besigheid te konfronteer. Graag nooi ons alle uitstallers en deelnemers om hierdie geleenthede optimaal te gebruik en te verseker dat u deel word van 'n wenresep vir uitstekende geleenthede in die landbou.

Agri Mega fasiliteer vir u 'n bemarkings- en diensgeleentheid en verseker u van 'n omgewing waarin u optimaal kan presteer! Gebruik dit en skakel betyds om teleurstelling te voorkom. Maak seker u kry 'n prominente uitstal perseel!

 






Missie

Agri Mega Expos het ten doel om dmv sy ekspo's 'n platform te skep waar produsent, plaaswerker, insetverskaffer, diensagent, navorser en die verbruiker interaktief kan deelneem, besigheid doen en leer.


Publikasies

Agri Promo is die gekontrakteerde uitgewer van die amptelike ekspo publikasies van die Agri Mega Week en die Agri Cape Week. Om in enige van die ekspo publikasies te adverteer kliek hier of kontak Hanno Maritz by: 

Tel:   028 424 2890 / 028 425 2524
Faks:028 425 3788
Sel:   076 730 3225

Algemene Inligting

Kontak ons
Vir meer besonderhede skakel Agri Mega Expos by 028 424 2890 / 028 425 2524.