Groot fokus op vleisbeeste by Mega Steak Week
Besoekers aan Mega Steak Week 2011, van Donderdag 14 tot Saterdag 16 April, by Hoër Landbouskool Boland in die Paarl, kan uisien na talle aktiwiteite oor die rooivleisbedryf en vleisbeesrasse.
By die hanteringskursus, Woensdagmiddag 13 April, sal kursusgangers en bekendes in skoukringe hul vaardighede in die skouring opskerp. Die kursus bied aanbiedings en praktiese demonstrasies soos die die basiese beoordelaarskursus wat die middag plaasvind.
'n Iinligtingsdag vir vleisbeesrasse met die tema "Volhoubare Vleisbeesproduksie in die Wes-Kaap" vind die Vrydagoggend plaas. Bekende stoetteler, Russel Clarke, sal op die benutting van tussenkalfperiodes let en Dr Hinder Koster, 'n voedingkundige, sal op voerkraalproewe fokus.
Die dag se verrigtinge fokus op vleisbeesrasse en belangstellendes in die rooivleisbedryf. Almal is welkom om dit by te woon.
Die week se aktiwiteite word met 'n interras-skou en 'n beesparade afgesluit.
Bertus Mong van die PP Mong Trust en BM Hereford Stoet sê Mega Steak Week se aktiwiteite vir vleisbeesrasse het ten doel om telers en hanteerders met kennis te bemagtig om die kwaliteit van vleisrasse te verbeter en groter samewerking tussen klublede en die onderskeie telersverenigings te skep.
Hy nooi belangstellendes in die rooivleisbedryf uit om aan die aktiwiteite deel te neem.
Die eerste Hereford-bulle in Suid-Afrika, dateer uit 1890 en sedertdien het die ras 'n ryke geskiedenis van prestasie in die rooivleisbedryf ontwikkel.
Donderdagoggend, 14 April kan top vertoners hul beeste by die Herefordbeesskou ten toon sal stel.
Vir meer inligting oor die Hereford-aktiwiteite, kan Bertus Mong by 082 947 0701 geskakel word.
Vir algemene navrae oor en besprekings vir Mega Steak Week, skakel Reinette Basson van Mega Events by 021 863 0701 of eventsadmin@agrimega.co.za


















