Hoë standaarde by Omnia Boerepatente kompetisie
Nuusvrystelling uitgereik deur die Agri Mega Kantoor in Bredasdorp op 22 Oktober 2008.
Navrae: Leensie Streicher
Inskrywings vir die Omnia Boerepatente kompetisie wat tydens die Agri Megaweek aangebied is, het beoordelaars omtrent laat kopkrap met die vernuf en vindingrykheid waarmee dit ontwerp is. Hierdie kompetisie wat vanjaar 16 inskrywings uit die Suidelike streke gehad het, het sterk kompeteerders gehad met praktiese, innoverende ontwerpe.
Die wenners van die verskillende kategorieë het met goeie pryse weggestap wat deelname aan die kompetisie verseker die moeite werd gemaak het. Volgens Pietman Wessels van Omnia wat die kompetisie se organisering hanteer het is hy baie in sy skik met die hoë standaard van die patente. Die wenners in die 3 kategorieë was as volg:
KATEGORIE A [GEREEDSKAP]
"Silver Moon" gif toediener vir nagmuise en soortgelyke plae: Johannes van Eeden. Prys: 'n Koeler wat van 'n motorbattery of huis krag af werk.
KATEGORIE B [GEMODIFISEERDE LANDBOUTOERUSTING]
Rondebaal opteller: Wim Marais. Prys: 'n GPS-toestel.
KATEGORIE C [ALGEMEEN]
"Sheep Master": Johannes van Eeden. Prys: 'n Patio gas-verwarmer.
Vanjaar het Agri Mega ook in samewerking met die SABS ‘n ontwerpe seminaar aangebied waar verskeie kundiges op die gebied van industriële ontwerp, patentreg en produkontwikkeling seminaargangers toegerus het met hope inligting en idees. Verskeie sprekers het tydens die seminaar insette gelewer, insluitende Willie van Straaten, stigter van Verimark en Larry King, boer en ontwerper van die King Collar, ‘n anti-roofdier halsband vir skape.
Fotos:
Eersteprys wenners Wim Marais (tweede links); Johannes van Eeden (middel) saam met Theo Botha, Omnia Kaap Besigheidseenheid bestuurder (heel links), Danie Schoeman, Hoofbestuurder, Omnia Specialities (tweede regs) en Delwin Eggers, Omnia Groep Finansiële Direkteur(regs).
Delwin Eggers, Omnia Groep Finansiële Direkteur (regs) het die prys oorhandiging waargeneem. Hy verskyn hier saam met algehele pryswenner, Johannes van Eeden. Die prys was ‘n kragopwekker.




















