Kweekhuis Besigheid Herontdek - Werkswinkel

Intensive Agriculture South Africa (IASA) bied op 6 Mei 2011, 'n een-dag werkswinkel by die Bien Donné Agri Cape Week aan. Die tema vir die dag is Kweekhuis Besigheid Herontdek en beloof om 'n besonderse geleentheid te wees. Oorspronklik gestig in 1977, beskik hierdie vereniging dus oor meer as dertig jaar se ondervinding in die bedryf en is gretig om alle boere van die gewas- tot groenteproduksie sektore te betrek om hierdie kennis en ervaring mee te deel.

Afrika is die enigste vasteland wat die afgelope 25 jaar armer geword het en is die toekoms van voedselsekerheid in ernstige gedrang. Een manier om die algehele stand van die wêreld, veral Suid Afrika se voedselsekerheid te verseker, is deur middel van intensiewe boerdery. Hierdie interessante werkswinkel sal ondermeer temas soos produksiebestuur, inligtingsbestuursisteme, plantvoeding, watergehalte, substraatbestuur, en plastiese kweekhuisbedekkingsmateriaal dek. Dr Langenhoven, IASA voorsitter, sal ook die toekoms van kweekhuis gewasproduksie se navorsing en ontwikkeling in Suid Afrika bespreek. Terugvoer van die feitesending na Portugal, Spanje en België sal ook terselfdertyd geskied. Alle belangstellendes in die intensiewe kweekhuis boerdery bedryf, van tonnels tot skadunet kweekhuise, word hartlik uitgenooi om hierdie werkswinkel by te woon. Registrasie vind vanaf 08h00 – 08h45 op 6 Mei 2011 plaas.

Vir besprekings, kontak IASA by tel no: (021) 808 2918 of faks: (021) 808 2917. E-posse kan gerus gestuur word na: info@iasa.co.za of mezichel@sun.ac.za Besoek ook die webwerf by www.iasa.co.za