Landbou tuiste sonder bagasie
Nuusvrystelling uitgereik deur die Kantoor van die USAAA, Bredasdorp op 2 Junie 2008.
Navrae: Jeffrey Helm by ![]()

![]()
![]()

![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
082 542 0209![]()
Die Polokwane byeenkoms vroeër vanjaar was ‘n simptoom van diepliggende frustrasie binne ‘n reënboognasie wat met soveel verwagtinge uitgesien het na ‘n unieke demokrasie aan die Suidpunt van Afrika. Hierdie byeenkoms het aansteeklik deurgewerk en oral het opvolg aksies na vore gekom om uitdrukking aan frustrasies te gee.
Suid-Afrika bevind hom tans in ‘n ondraaglike posisie waar ‘n leierskap vakuum so groot soos die gat in die osoonlaag bestaan en almal smag daarna dat ‘n Mandela sy opwagting maak.
Intussen is die onus op die burgerlike samelewing om, ten spyte van ekonomiese druk en politieke moes, die pot in Suid-Afrika aan die kook te hou.
Landbou in
Suid-Afrika is tans ‘n fokuspunt, want met ‘n voedseltekort in die
wêreld en met ‘n landbou-invoer situasie in Suid-Afrika moet hierdie
pilaar van die Suid-Afrikaanse ekonomie stewig staan en die druk kan
hanteer. Hierdie sektor van die ekonomie is egter blootgestel aan baie
onbeheerbare faktore; daarom is dit belangrik om die beheerbare faktore
so effektief moontlik te bestuur.
Groeperinge van
opkomende boere in die Wes-Kaap het onlangs, na deeglike ondersoek en
huiswerk, ‘n nuwe landbou organisasie gestig, naamlik die United South
African Agricultural Association. Hierdie organisasie is gestig om ‘n
tuiste sonder bagasie in die landbou te skep en beskik tans oor 800
ingeskrewe lede.
Suid-Afrika se demokratiese bestel is deur verskeie storms en aanpassings om uiteindelik suksesvol en volhoubaar ‘n toekoms vir almal te skep. In die landbou bestaan die primêre behoefte ook om ‘n volhoubare landbou daar te stel waar voorsiening gemaak word dat alle boere, hetsy opkomend, kommersieel, deeltyds, ensovoorts op ‘n basis van besigheidsbeginsels deelneem aan hierdie sektor. Ongeag die definisies wat aan deelnemers in primêre landbou gekoppel word, behoort die uitgangspunt te wees om vir wins te boer.
Die breë spektrum georganiseerde landbou is steeds in sy strukture versplinterd en poog verskeie tradisionele landbou organisasies om die stem vir georganiseerde landbou in Suid-Afrika te wees. Daar kon tot nou toe nie geslaag word daarin om een organisasie vir georganiseerde landbou daar te stel nie.; dus word die gevolge daarvan daagliks waargeneem, naamlik onsuksesvolle implementering van grondhervorming, onderprestering in voorsiening van voedselsekuriteit, swak vordering met transformasie in landbou, onbevredigende en onproduktiewe verhoudinge tussen landbou en die regering van die dag, geen hulp en aansporingsmaatreëls wat effektief kan bydra om kompeterend in die wêreld landbou-ekonomie mee te ding nie, ens. Hierdie is ‘n situasie wat ook lei tot frustrasie met nadelige gevolge soos onsuksesvolle grondhervormingsprojekte, kundige boere en ander landbou rolspelers wat die land verlaat, swak beeld van landbou by die verbruiker, die jeug en ander belangegroepe, ensovoorts.
Die United South African Agricultural Association (USAAA) het ten doel om ‘n tuiste te word vir alle landbouprodusente wat die volgende visie deel, naamlik:
- 1. ‘n Volhoubare kommersiële landbousektor wat voorsiening maak vir alle groeperings van deelnemende produsente (opkomde tot kommersieel), met ‘n georganiseerde struktuur wat interafhanklik met alle belangegroepe en in harmonie met die staat strewe na voedselsekuriteit in Suid-Afrika en om optimaal te presteer in die uitvoer van landbouprodukte.
Alhoewel USAAA ‘n relatief klein organisasie is en in sy kinderskoene, skep dit ‘n geleentheid vir produsente wat vernuwend dink en hul kan vereenselwig met die visie om deel te word van ‘n dinamiese landbou organisasie wat ‘n tuiste vir almal is.
USAAA het Agri Mega gekontrakteer om op ‘n konsulterende basis ondersteunend te wees met die strukturering daarvan, die bedryfsadministrasie en befondsing. Hierdie diens sal voorlopig vanuit Bredasdorp gelewer word.
Die Voorsitter van USAAA is mnr. Raymond Koopstad, die ondervoorsitter is Trevor Abrahams, albei landbouprodusente in die Ceres-distrik. Die Hoof Uitvoerende Beampte is mnr. Jeffrey Helm van Worcester.
Belangstellendes word versoek om navrae aan USAAA te rig en wel soos volg:-
Ceres: Tel/Faks: ![]()

![]()
![]()

![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
023 312 3569
, Sel: ![]()

![]()
![]()

![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
084 525 5037
, E-pos: trevorsfarm@telkomsa.net
Bredasdorp: Tel: ![]()

![]()
![]()

![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
028 425 2524
, Faks: 028 425 3788, Sel: ![]()

![]()
![]()

![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
082 542 0209
, E-pos: jffhelm@yahoo.com
USAAA beplan om sy eerste kongres tydens die Agri Megaweek in Bredasdorp aan te bied. Inligting in hierdie verband sal eersdaags uitgegee word.


















