Overberg producers generously gives help to Karoo area devastated by drought

Nuusvrystelling uitgereik deur die Agri Mega Kantoor in Bredasdorp op 2  Maart 2009.

 

Navrae: Leensie Streicher

 

Overberg produsente dra ruim by tot droogtehulp vir Karoo-streek

 

Landbouprodusente in die Overberg het ‘n helpende hand uitgereik na medeprodusente in die droogtegeteisterde Klein Karoo streek (spesifiek Merweville/Laingsburg) wat ‘n 4-jaar lange droogte beleef. Produsente het ruim bygedra om etlike tonne voer aan die streek se produsente te skenk. Hierdie gebaar is verder ondersteun deur die Wes-Kaapse Ministerie van Landbou wat die vervoerkostes van die voer dek.  Meer as 60-ton voer is deur produsente geskenk. Die Wes-Kaapse minister van Landbou, Mnr. Cobus Dowry het die inisiatief van stapel gestuur en nadat daar onderneem is om vir die vervoerkostes te betaal (teen ongeveer R 25 000 per vrag), het boere binne enkele dae na die versoek om skenkings, die aanvanklike hoeveelheid voer wat aangevra is met meer as die helfte oorskry.

 

Mnr. Willie Smal, voorsitter van die Overberg Distrikslandbouvereniging (Overberg DLV), het by navraag gesê dat alle produsente daagliks hul afhanklikheid van die natuur besef en dus nie skroom om te help waar hulle kan nie. “Ons is egter ook baie dankbaar vir die Wes-Kaapse Ministerie van Landbou wat die vervoerkostes dek, want hoewel ons graag medeprodusente wil help, laat hoë vervoerkostes dit nie altyd toe nie.”  Smal het ook sy dank uitgespreek teenoor die Ministerie wat inisiatief geneem het met dié projek, asook vir Agri Wes-Kaap wat administratief ondersteun het.

 

Verskeie vervoermaatskappye het die voer by produsente in die Klein Karoo besorg en ‘n groot verskeidenheid voer soorte insluitend hooi, hawer, koringstrooi, lusern, lupiene, voergars, voerkoring, kuilvoer bale, en melasse is geskenk.

 

Foto’s: Overbergse produsente by die voer skenkings voordat dit

na die Klein Karoo vervoer is op16 Februarie 2009. Foto: Lynette du Toit, Overberg Venster