Producers discuss agricultural projects
Nuusvrystelling uitgereik deur Orton King, Hoof Uitvoerende Beampte, Agri Mega, Bredasdorp.
Op 4 April 2007 tydens ‘n aanbieding en funksie het Omnia aan landbouprodusente van Bredasdorp en Caledon distrikte terugvoer gegee op landbou saaiprojekte wat gedurende 2006 geloods was. Die groep kommersiële boere teenwoordig het aktief aan die besprekings deelgeneem en die insette van Omnia se tegniese adviseurs waardevol gevind.
Mnr. Richard Krige, ‘n produsent uit die Caledon distrik het lof uitgespreek oor die holistiese benadering wat deur Omnia gevolg word in hul bedryf van proewe en projekte in hierdie omgewing. “Julle wetenskaplike benadering en die professionele wyse waarop julle ons landbou benader is indrukwekkend en voeg waarde by.” het Krige gesê.
Mnr. Marius van der Westhuizen, Streeksdirekteur van Omnia het in sy inleidende aanbieding die volgende vrae met produsente behandel:
- Bestuur ons grootste risiko’s in die boerdery?
- Saai ons optimaal?
- Spaar ons onsself dood?
- Bestuur ons die plantmateriaal?
Mnr. Willie Smal, Voorsitter van die Overberg DLV het sy dank teenoor Omnia uitgespreek na afloop van die verrigtinge en gemeld dat insetverskaffers in die landbou ‘n reuse bydrae in waardetoevoeging op die plaas kan maak en sodoende ‘n bydrae maak tot volhoubaarheid van landbou. Hy het Omnia bedank vir die voorbeeld wat hulle in hierdie verband stel.


















