Special earth-moving demonstrations at Agri Cape Week

Nuusvrystelling uitgereik deur die Agri Mega Kantoor in Bredasdorp op 11 Februarie 2009.

 

Navrae: Leensie Streicher

 

Die Agri Cape Week wat vanaf 16 – 18 April by die Hoër Landbouskool Boland, Agter-Paarl, plaasvind gaan tydens die ekspo spesiale grondverskuiwings demonstrasies vir die daaglikse programme skeduleer.

 

Die demonstrasies sal op ‘n prominente plasing naby die hoofingang van die Ekspo-terrein plaasvind wat goeie belangstelling by besoekers behoort te lok.

 

Demonstrasie sal volgens ‘n geskeduleerde program plaasvind, waar uitstaller die geleentheid kry om voor elke demonstrasie die implement bekend te stel oor ‘n mobiele klankstelsel.

 

Agri Mega nooi Grondverskuiwingsondernemings en ook – kontrakteurs om van hierdie geleentheid gebruik te maak om hul produkte en dienste bekend te stel. Uitstallers kan hul spesifieke demonstrasie behoeftes, met bespreking van persele kommunikeer en sal sover moontlik geakkommodeer word. Vir meer inligting en bespreking van persele kontak Cornea Geldenhuys by 028 424 2890.