Veterane skitter by Agri Megaweek
Nuusvrystelling uitgereik deur die Agri Mega Kantoor in Bredasdorp op 22 Oktober 2008.
Navrae: Leensie Streicher
Die Agri Mega Week het vanjaar groot belangstelling gelok in terme van die veteraantrekker-gebeure wat tydens die ekspo aangebied is. Die Bredasdorp Veteraan Trekkergroep het ‘n baie suksesvolle skou, geborg deur Senwes, tydens die Agri Megaweek gehou.
Tydens die skou het is die volgende vertoners as wenners aangewys:
1ste Leonard Swart – Case Trekker
2de Nico Swart – Massey Harris Pacemaker
3de Jan Wiehman – Fordson Bloubottel
Die Veteraan Trekkergroep het ook gereelde optogte deur Agri Mega Park gehou wat groot belangstelling by besoekers aan die Agri Megaweek uitgelok het. Meer as 36 trekkers is op die Veteraan Trekkergroep se uitstal perseel vertoon. Onder hierdie trekkers is daar onder andere ‘n Lans Bulldog, verskeie Olivers en ook ‘n Reeks McCormick Trekkers.
Foto’s:
Leonard Swart op sy Case Trekker
Nico Swart op sy Massey Harris Pacemaker
Jan Wiehman op sy Fordson Bloubottel
Die 3 wenners by die Agri Mega Week.






















