Wegbreek vir kwaliteit
Nuusvrystelling uitgereik deur die Kantoor van Agri Mega in Bredasdorp op 3 Junie 2008.
Navrae: Leensie Streicher
Die Canola WAF (W = Wine; A = Agri Tourism; F = Food) vind op 8 en 9 Augustus 2008 in Swellendam plaas. Hierdie is ‘n leefstyl geleentheid waar landbouprodukte, plattelandse gasvryheid, landelike atmosfeer, pragtige natuurskoon, vermaak en besoekers saamgevoeg word om twee dae van kwaliteit lewe te geniet.
‘n Verskeidenheid stalletjies met produkte te kies en te keur en wyne om te proe, boerekos om te eet word aangevul met kompetisies, deelname en groot pryse om te wen. Aktiwiteite met 4 x 4’s in die natuur, ‘n fietsmarathon deur die tipiese Overbergse natuurskoon, gevolg deur ‘n draf marathon en perderitte en –sport vind deurlopend plaas terwyl kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Emo Adams, Jody Abrahams en ander sterre vir heerlike topklas vermaak sorg.
In samewerking met Rooi Rose word ‘n eksklusiewe Bruid Ekspo aangebied met ondersteunende programme vir die dames met buitengewone smaak.
‘n Plaasmark maak voorsiening vir heerlike plaasprodukte vir saamneem huis toe en die braaikompetisie se produkte sal vir padkos te koop wees.
Met ‘n borgskap van FNB word hier geleentheid gebied om weg te breek van xenofobie, stygings in rentekoerse, duurder brandstof, onbetaalbare voedselpryse, ensovoorts, ensovoorts en krag te vind in die vrede en skoonheid wat net die Overberg kan bied. Sê vir jouself: ”Swellendam, hier kom ek!” en voeg daad by die woord! ‘n Heerlike geleentheid en ‘n belegging in jouself – doen dit!
Navrae kan gerig word aan ![]()

![]()
![]()

![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
028 424 2890
of e-pos aan agirmega@telkomsa.net.


















