Wenner Landbouverenigings van 4x4 kompetisie

Nuusvrystelling uitgereik deur die Agri Mega Kantoor in Bredasdorp op 22 Oktober 2008.

 

Navrae: Leensie Streicher

Die Nedbank / Ford 4x4 kompetisie vir Landbouverenigings het tydens die jaarlikse Agri Megaweek by die Ford 4x4 baan op Agri Mega Park plaasgevind. Spanne van 2 persone elk het die 4x4 baan aangedurf en is beoordeel op punte en tyd. Deelnemers is vooraf touwys gemaak oor die fyner kunsies van 4x4-bestuursvernuf wat deur Hendrik Cronje van die Ford Scorpion Off-road College gefasiliteer is. Hulle het daarna teen tyd deelgeneem en het punte behaal vir take wat hulle korrek uitgevoer het.

Na afloop van die kompetisie was deelnemers dit eens dat hulle dit baie geniet het en op die koop toe ook baie geleer het. Die uitslae van die kompetisie was as volg:

3de Plek: Malmesbury Landbouvereniging met 160 punte in 21 minute en 49 sekondes.
Johan Dreyer en Truter de Kock
2de Plek: Caledon Landbouvereniging met 160 punte in 18 minute en 7 sekondes.
Dreyer van Niekerk en Hendrik de Wet
1ste Plek: Caledon Landbouvereniging met 190 punte in 27 minute en 1 sekonde.
Richard Krige en Peter Delport.