Agri Cape Week Kennisgewing aan uitstallers
Kennisgewing
Aan: Potensiële Uitstallers
Geagte Uitstaller
Agri Cape Week 2009
Die suksesvolle konsep – die Agri Megaweek in Bredasdorp, wat op die graan-, suiwel-, en veebedrywe van landbou fokus – word voortgesit en wel in die gedaante van die Agri Cape Week in die Paarl, wat op die vrugte-, wingerd- en groentebedrywe van die landbou fokus.
Alhoewel ons ’n verskeidenheid besoekers na hierdie geleentheid aantrek, is ons primêre fokus die landboubprodusente (kommersieël en opkomend), die plaaswerkers, landboubesighede en ander landbou “stakeholders”. Ons program, wat fokus op inligting, nuwe tegnologie en debat, lei tot groot interaksie en verseker dat die fokusgroepe se voete by hierdie geleentheid opdaag.
Vir suksesvolle blootstelling aan en bemarking in die landbou, word u genooi om nie ‘n geleentheid vir waardetoevoeging tot u besigheid te mis nie. Maak seker u kry ‘n aandeel van sukses uit hierdie geleentheid deur spoedig u plek vir uitstalling / deelname te bekom.
Die volgende aktiwiteite is ‘n integrale deel van die program wat reeds nou aan u die versekering gee van die regte landbouvoete wat u vir u produk / diens benodig:
- Agri Wes-Kaap se Streekskongres op 16/04 op die perseel;
- Sagtevrugte uitvoerprodusente se werkswinkel vir SPT lede met Cees Bruggemans as
gasspreker;
- VinPro inligtingsdag vir wingerdprodusente uit die Wes-Kaap op 17/04 – Klimaatsverandering is
- die tema;
- ‘n Agri SEB werkswinkel vir leierboere aangebied deur Departemente Ekonomiese Ontwikkeling en
- Landbou;
- Opkomende boere konferensie en algemene jaarvergadering van USAAA;
- ‘n Inligtingswerkswinkel vir plaaswerkers deur SAPWA;
- ‘n Inligtingsessie vir boere oor waterbeskikbaarheid in die Wes-Kaap in samewerking met die LNR;
- ‘n Wynproe;
- ‘n Agri-debat met afvaardigings van leierboere uit boereverenigings uit die Wes-Kaap, aangebied
- onder leiding van Freek Robinson met ‘n paneel bestaande uit leiers uit georganiseerde landbou
- en Derek Hanekom van die regering.
- ‘n Prima rugbywedstryd tussen Boland Landbouskool en ‘n sterk opponent, in samewerking met
- Boland Landbouskool se Oudskoliere-bond – groot trekpleister vir boere uit kontrei en
- oud-skoliere van Boland Landbouskool.
Moenie uitstel nie. Bespreek nou vir u uitstalling / deelname by 028 424 2890 vir Cornea Geldenhuys of besoek ons webwerf by www.agrimega.co.za vir ‘n aanlyn bespreking.
Vriendelike groete
Orton King
Hoof Uitvoerende Beampte
Agri Mega Groep


















