Agri Megaweek Kook
Nuusvrystelling uitgereik deur die kantoor van die Hoof Uitvoerende Beampte, Agri Mega (Orton King) op 5 September 2007.
Agri Megaweek 2007 is pas agter die rug en is die getuienis van ‘n groot sukses op almal se lippe. Hierdie geleentheid het hom vanjaar finaal onderskei as die grootste vertoonforum vir landbou in die Wes-Kaap. Vanjaar was 52 000m2 beset met uitstallings, waarvan bykans 20 000m2 onder tent met ‘n sterk landbou fokus. Besoekers het die Agri Megaweek vanaf 28 Augustus tot 1 September besoek en uiteindelik staan die amptelike syfer op 15210 besoeke aan hierdie besondere geleentheid.
Die bestuur van die Agri Megaweek wil graag sy dank en waardering teenoor almal bekendmaak wat meegewerk het tot die suksesvolle aanbieding van hierdie hoogtepunt. ‘n Besondere woord van dank gaan aan ons borge en uitstallers wat ruim bygedra het om die Agri Megaweek op ‘n hoë standaard aan te bied. Baie dankie ook aan die media in die landbou wat ons vanjaar sterk ondersteun het om die geleentheid en sy program onder almal se aandag te kon bring.
Ons grootste dank gaan aan ons Hemelse Vader vir sy onderskraging en krag.
Op hierdie stadium het die bestuur reeds begin aandag gee aan volgende jaar se reëlings. Navrae in hierdie verband kan gerig word aan ons kantoor by 028 424 2890.


















