Agri Megaweek op die horison
Nuusvrystelling uitgereik deur die Kantoor van Agri Mega in Bredasdorp op 26 Mei 2008.
Navrae: Leensie Streicher
Die jaarlikse Agri Megaweek in Bredasdorp wat as die grootste landbou ekspo in die Wes-Kaap aangebied word, vind weer vanjaar plaas en wel in September 2008. Aanvanklik was die beplanning om hierdie geleentheid aan te bied oor die 3 dae, maar as gevolg van die belangstelling en die toenemende vraag vir addisionele aktiwiteite op die program, het die Agri Megaweek Bestuur besluit om ‘n 4de dag toe te voeg. Agri Megaweek 2008 vind dus vanjaar plaas vanaf 17 September tot 20 September 2008.
Groot hoogtepunte word weer vir vanjaar se program voorsien waar ‘n verskeidenheid landbou en landbouverwante aktiwiteite aangebied word. Hoogtepunte sluit onder andere die volgende in:-
- ‘n Aantal landbou indaba’s oor verskeie aktuele onderwerpe waarvan deelname oor die RSG Praat-saam program onder leiding van Freek Robinson ook ingesluit word. Direkte uitsendings vanaf Agri Mega Park sal plaasvind;
- Demonstratiewe bekendstelling van nuwe landbou tegnologie op verskeie terreine;
- Hoë profiel veeskoue en –demonstrasies;
- Demonstrasies met behulp van nadoodse ondersoeke op vee karkasse;
- Kompetisies soos beste trekkerdrywer, Wes-Kaapse Skaapteller; skaapskeer; sterkste boer, Wes-Kaapse Boeremusiek Kampioenskap, ens.
- Proewe van nuwe alternatiewe produkte in die graanbedryf word gedemonstreer.
Hou gerus die media dop vir gereelde inligting oor die Agri Megaweek, asook ander geleenthede wat deur Agri Mega aangebied word.


















