Agri Promo diversifiseer met kommunikasiedienste
Nuusvrystelling uitgereik deur die Agri Mega Kantoor in Bredasdorp op 23 Junie 2009.
Navrae: Leensie Streicher
Agri Promo diversifiseer met kommunikasiedienste
Agri Promo, ‘n divisie van Agri Mega, diversifiseer verder en bied nou ‘n volledige reeks elektroniese kommunikasiedienste en oplossings aan sakeondernemings en verbruikers, met ‘n sterk fokus op die landbou.
Volgens Hanno Maritz van Agri Promo, dwing die huidige ekonomiese situasie alle ondernemings en verbruikers om kostes te bespaar. “Vanweë die huidige ekonomiese klimaat, is die behoefte om goedkoper, meer effektief en “groener” te kommunikeer, soveel groter,” het Maritz gesê.
Agri Promo het strategiese verhoudings met operateurs in hierdie veld aangegaan om sodoende ‘n meer mededingende produk te kan bied. Spesifieke produkte en dienste is geselekteer, wat geen duursame infrastruktuur of kapitaal benodig nie, of selfs gratis aangebied word.
Agri Promo verwelkom Johannes Du Plessis wat hom by die groep aansluit om Agri Promo - Kommunikasie se dienste te bemark. Du Plessis is al jare lank in die telekommunikasie-bedryf en ‘n kenner op sy gebied.
Du Plessis het by navraag gesê dat enige onderneming wat meen hul hoë telefoonkostes ‘n struikelblok vir groei is, Agri Promo kan kontak vir ‘n gratis evaluasie by comms@agripromo.co.za of by 082 801 5601.
Foto: Hanno Maritz (links), Bestuurder van Agri Promo, verwelkom Johannes du Plessis by die Agri Promo-span. Du Plessis sal verantwoordelik wees vir die bemarking van Agri Promo se kommunikasiedienste.



















