Agri Vooruitskouing 2020
VinPro bied, 5 Mei 2011, ‘n inligtingsdag by Bien Donné Agri Cape Week aan wat klem lê op die ekspo se algehele tema van “Agri Vooruitskouing 2020.” VinPro is 'n diensorganisasie vir ongeveer 4 500 Suid-Afrikaanse primêre wynprodusente en verteenwoordig hulle in gesprekke met die Regering en op alle relevante wynbedryf forums. VinPro is gestig in 2003 om professionele en behoefte-gedrewe konsultasiedienste in wingerdboukunde, wynkunde, grondkunde, landbou-ekonomie en algemene bestuur te verskaf.
Gegewe hulle diverse mandaat sal ‘n verskeidenheid onderwerpe behandel word, onder andere, inligting oor Kelder Tendense in Argentinië en Chile, Nuutste Wynbou en Druiwe Variëteite van Australië, Geleenthede en Tendense in Plaaslike Marke, en nog vele meer sal weergegee word.
Talle gassprekers en deskundiges sal teenwoordig wees insluitend, Prof Alaine Deloire van Stellenbosch Universiteit, Johan Wiese van die Voor-Groenberg Kwekery, Marco Ventrella van KWV, Linley Schultz van Alvi’s Drift en Marius Kotze van Leopard’s Leap Wines. Hierdie program beloof om belangrike inligting te verskaf en besonders interessant te wees. Registrasie vind plaas vanaf 09:00 die oggend van die werkwinkel. ‘n Ligte middagete is ingesluit met ‘n volledige kroeg en sap ook beskikbaar. Getalle is beperk tot 80 mense en dit is dus aangeraai dat alle belangstellendes vooraf hul plek bespreek.
Vir verdere inligting en registrasie kontak gerus Lee-Anne Morris by tel: (021) 807 3267 of via epos by morris@vinpro.co.za. Addisionele inligting oor Bien Donné Agri Cape Week kan verkry word deur die Mega Events kantoor by tel: (021) 863 1803.


















