Besoekers by Agri Mega Week 2011 kan groot pryse wen!

Daar wag 'n heerlike kompetisie vir besoekers by vanjaar se Agri Mega Week wat vanaf Woensdag 14 tot Vrydag 16 September op Mega Park in Bredasdorp plaasvind.

Total Suid-Afrika, mede-hoofborg van Agri Mega Week 2011, bied saam met die Agri Mega Week se bestuur aan besoekers die kans om daagliks 'n lekker wegbreek van 3 Nagte vir 4 persone in die Nasionale Kruger Wildtuin te wen.

Uitstallers moet ook nie vergeet van die kompetisie waar 'n addisionele standplaas vir 'n binne- en buite-uitaller by Agri Mega Week 2012, en vele ander pryse is op die spel is. Uitstallers se perseelnommers en besoekers se ingangskaartjies sal tydens 'n geleentheid by Agri Mega Week 2011 ingeskryf word vir 'n gelukkige trekking.

Besoekers wat wil kwalifiseer vir hierdie fantastiese wegbreek en vele meer pryse, moet hul kaartjies by die TOTAL stalletjie in die splinternuwe TOTAL Sentrum inhandig" sê Teresa Labuschagne van Agri Mega Promotions". Toegangsgeld na die ekspo is R25 vir volwassenes en R10 vir skoolgaande kinders.

"Die kompetisie is egter nie die enigste rede vir besoekers om na Agri Mega Week 2011 te kom nie. Daar is nog vele hoogtepunte soos die Absa BKB Merino Classic, ander skaap en beesrasskoue, Demonstrasies, kompetisies, top uitstallings en vele meer. Daar is nog vele hoogtepunte soos die ABSA BKB Merino Classic, ander skaap en beesrasskoue, demonstrasies, kompetisies, top uitstallings en vele meer. Agri Mega Week 2011 is vanjaar 'n tuiste vir die hele gesin met ons tema 'Landbou vir die Mense' - Kom kyk gerus waar die brood in jou kosblik, die wolbaadjie aan jou lyf en die vleis op die kole vandaan kom" sê Labuschagne.

Vir meer inligting oor Agri Mega Week 2011 of vir besprekings, kontak gerus vir Reinette Basson by 021 863 0701 of e-pos: eventsadmin@agrimega.co.za