Bien Donné Agri Cape Week bekend gestel
Die amptelike bekendstelling van die Bien Donné Agri Cape Week 2011 het op Maandag die 4de April plaasgevind by die Cassia Restaurant op die Nitida Wynplaas. Die aand se verrigtinge was bygewoon deur 'n verskeidenheid gaste van die verskillende bedrywe van die landbousektor. Gaste was aangenaam besig gehou deur die loop van die aand deur 'n trio van strykers, en kon van die verskillende wyne uit die Niel Joubert reeks kies. Verskeie canapés was ook vir gaste voorgesit. Teenwoordig was Bien Donné Agri Cape Week 2011ankerborge, FNB, verteenwoordig deur hulle Landbou Streekshoof vir die Oos- en Wes-Kaap, Rico Basson, sowel as die Wes Kaap Departement van Landbou se Departementshoof, Joyene Isaacs.
Die program het afgeskop met Agri Mega se Kommunikasiehoof, Jerome Topley, se voorstelling van die aand se eerste spreker, Mnr Henk Aggenbach, Voorsitter van die Agri Mega Groep. Mnr Aggenbach het die amptelike verwelkoming behartig voordat hy sy spreekbeurt oorgegee het aan Mnr Orton King, Groep Uitvoerende Direkteur van Agri Mega. King se perspektief van die groep se agtergrond, met klem op hulle rol as agente van transformasie in die landbousektor het die toon aangegee vir die amptelike bekendstelling van die Bien Donné Agri Cape Week 2011.
Die tema van die ekspo, "Agri Vooruitskouing 2020" is ook terselfdertyd aangedui. Klem is geplaas op die feit dat hierdie ekspo gemik is op die vrugte-, wyn-,en groentebedrywe, en dat alle deelnemers, veral plaaswerkers, vrouens en die jeug akkommodeer sal word. Dank was getoon aan die verskeie vennote en ankerborge, sowel as vir Landbank wat die aand se verrigtinge geborg het. Landbank se Louise Heyns het verduidelik van hulle voorneme om markte oop te stel vir opkomende boere sowel as die doel om geleenthede uit te brei vir huidige produsente. Fokus is ook geplaas op die noodsaaklikheid om politieke sowel as omgewingskontekste te kan voorspel en het dus die tema van die ekspo ondersteun. Die bekendstelling was bevoorreg om albei die HUB, Dr Shadrack Moephuli, en Voorsitter, Mnr Jonathan Godden, van die Landbou Navorsing Raad (LNR) teenwoordig te hê. Albei het 'n spreekbeurt geniet. Die aand se gasspreker Prof Theo Venter, van Noordwes Universiteit, het 'n besonderse insiggewende toespraak gelewer betitel, "Om Brûe te Bou na die Toekoms." Venter het begin deur om uit te brei oor die toekoms van voedselsekerheid en die huidige verskuiwing vanaf landelike tot stedelike politiek. Die implikasies hiervan vir die landbousektor is opgesom deur die uitdaging wat die sektor in die gesig staar in terme van volhoubare oplossings vind vir die naderende probleme.
Hy het verder die bedryf uitgedaag om op te hou om die kleinboer te romantiseer. Pogings hoort eerder fokus te verskuif om hierdie klein skaal- en opkomende boere as deel van die hoofstroom te inkorporeer. Daar is, volgens Prof Venter, sewe revolusies waarvan kennis geneem moet word as volhoubare oplossings ontwerp gaan word. Toenemende Bevolking, Skaars Hulpbronne, Tegnologie, Informatika, Ekonomie, Konflik, en Regering, is almal onafwysbare bedenkings. Drie hoofpunte wat vooruitgang in alle bedrywe belemmer, is onvermoë om te sien, die onvermoë om te beweeg en die onvermoë om klaar te maak. Die aand se verrigtinge is gesluit deur Topley se bedanking van alle sprekers en teenwoordige gaste. 'n Uitnodiging is gebied aan alle geïnteresseerdes om die ekspo by te woon wat plaasvind vanaf die 4de tot die 6de Mei 2011. Vir verdere inligting kontak Mega Events by tel: 021 863 1803 of megaevents@agrimega.co.za


















