Indaba nodig vir vooruitgang
Nuusvrystelling uitgereik deur die Kantoor van Agri Mega in Bredasdorp op 4 Junie 2008.
Navrae: Leensie Streicher
Die algemene tendens is dat mense minder met mekaar debatteer, want die middele van ons moderne tyd is nie daarop gefokus nie. Die mens word oor die algemeen ‘n passiewe ontvanger van inligting verál deur die elektroniese media soos televisie, internet webtuistes, ens. Die landbouprodusent van vandag is nie ‘n uitsondering nie. Groot hoeveelhede inligting word op ‘n een kanaal basis deurgegee sonder reaksie, waaronder vrae, bevraagtekening, verskil, beredenering ens.
Landbou in Suid-Afrika beleef ‘n krisisperiode. Dr Mohammed Karaan meen: “Omdat die winsgewendheid uit hom geruk word, kan ‘n mens die vraag vra of die landbou nie in ‘n baie groot moeilikheid is nie.” Hierdie tendens kan nog vir ‘n paar jaar duur reken Karaan.
Dit is in tye soos hierdie dat indaba dringend nodig is. Die tradisionele byeenkomste van boere soos Landbouvereniging vergaderings, konferensies en kongresse het afgeskaal in kwaliteit omdat die boer meesal daar ook aan die ontvangkant is en baie dikwels met uitgediende inligting toegerus word. Verslae wat maar deur selfstudie in eie tyd bestudeer kon word, neem kosbare duur tyd in beslag waar aan sinvolle debattering afgestaan kon word. Hierdie word dikwels aangevul met eentonige statistieke of praatjies wat min waarde toevoeg.
Ten spyte van krisisse in die landbou wat oor die jare kom en gaan behoort die krisisse ontleed te word om die geleenthede daarin te sien. Die geleenthede op hulle beurt benodig weer strategie en planne wat moet uitrol, professioneel en betyds. Agri Mega beplan om voortaan die proses van interaksie by sy onderskeie landbou ekspo’s sterk te benadruk deur debat sterk in te bou in sy programme. “Interaksie deur debatvoering lei tot kreatiwiteit, innovasie en vernuwende denke”, sê Orton King, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri Mega. “By geleenthede waar debat gevoer word oor aktuele sake in die landbou kry produsente ook die geleentheid om kennis te neem van leierskap – tans ‘n kosbare skaarste - in hul geledere”, het King verder gesê.
Een van die hoogtepunte by vanjaar se Agri Megaweek waar debattering ingebou word, is die FNB Agri Indaba wat onder leiding van Freek Robinson en sy “Praat Saam-program” oor RSG vanuit Agri Mega Park uitgesaai sal word. Die onderwerp hier sal handel oor die Suid-Afrikaanse grondhervormingsbeleid versus die landbou-realiteite. Hier sal produsente en ‘n paneel met kundiges die geleentheid gegun word om sinvol te debatteer. Uit so ‘n debat behoort nuwe idees gebore te word en neem meningsvormers kennis van belangrike insette.
Aanvullend tot “Praat Saam” sal ander sessies ook aangebied word verál gefokus op aktuele sake in die graan- en suiwelbedrywe.
“Agri Mega wil by sy ekspo’s en ander geleenthede wat hy fasiliteer, die leiding neem om sinvolle debatvoering binne die landbou te stimuleer” sê Henk Aggenbach, Voorsitter van Agri Mega.
Navrae oor Agri Mega se ekspo’s kan gerig word aan die Agri Mega kantoor by ![]()

![]()
![]()

![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
028 424 2890
of besoek gerus ons webtuiste by www.agrimega.co.za.


















