Nuusvrystelling Angus publikasie
Agri Megaweek te Bredasdorp is ‘n groot hoogtepunt op die jaarlikse Wes-Kaapse landboukalender. Hierdie vertoonforum van die kleingraan-, suiwel- en veebedrywe vind vanjaar vanaf 16 - 18 September plaas. Dit bring produsente en verskeie ander rolspelers byeen om aan kampioenskappe, bestaande uit onderlinge kompetisies, uitstallings, demonstrasie en bewusmaking van die belangrikheid van landbou aan die publiek, deel te neem.
Agri Mega Park, die tuiste van Agri Megaweek, ontvou jaarliks in ‘n hutspot van bedrywighede, en is ‘n besoek aan Agri Megaweek ‘n moet vir elke landbouprodusent in die Suidelike streke van ons land. Besoekers is egter nie net tot die Wes-Kaap beperk nie, maar lok selfs internasionale belangstelling.
Vanjaar is die tema van Agri Mega week: “Voedselsekuriteit in Aksie” en behoort dit goeie stof tot nadenke aan besoekers en deelnemers te bied. Vir meer inligting oor Agri Megaweek 2010, kontak die Agri Megakantoor in Bredasdorp by 028 424 2890 of besoek www.agrimega.co.za.


















