Top aanbieders vir seminaar
Die Agri Megaweek vir 2008 wat jaarliks in Bredasdorp aangebied word as ‘n interaktiewe ekspo met die fokus op landbou en aanverwante bedrywe, spoed nou vinnig nader. Hierdie Ekspo vind plaas vanaf 17 tot 20 September 2008 op Agri Mega Park, Bredasdorp.
Op 18 September word ‘n seminaar oor die ontwerp en ontwikkeling van nuwe produkte in die FNB Ouditorium, Agri Mega Park aangebied. Hierdie seminaar is gefokus op die bevordering van kreatiwiteit en innovasie vir die daarstelling van moontlike nuwe patente wat groot invloed op tegnologiese ontwikkeling kan uitoefen.
Die volgende onderwerpe sal tydens die seminaar, wat as ‘n gesamentlike aktiwiteit deur Agri Mega en die SABS aangebied word, behandel word:
» die ontwikkeling van wen produkte;
» beskerming van intellektuele eiendom;
» die waarde van professionele industriële ontwerp vir produkontwikkelaars;
» die jongste benadering en metodologie, asook tegnologie beskikbaar vir produkontwikkeling;
» besigheidsondersteuning beskikbaar vir produkontwikkelaars;
» die interafhanklikheid van ontwerp en standaarde;
Die aanbieding vir die seminaar vind plaas onder leiding van top aanbieders wie onder andere insluit, Willie van Straaten – die uitvinder en stigter van Verimark produkte, Prof. Deon de Beer – Hoofdirekteur van van Tegnologie aan die Sentrale Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein, Dr Geoff Visser – Algemene Bestuurder van SABS Standaarde en Roelf Mulder – Besturende Direkteur van, …XYZ, industriële ontwerp maatskappy.
Belangstellendes word genooi om vir hierdie unieke geleentheid in te skryf. Slegs toegangsfooie van R45 per persoon tot Agri Mega Park word gehef vir bywoning van hierdie seminaar. Geen ander koste is ter sprake en ‘n middagete en verversings word ook tydens die seminaar gratis aangebied.
Vir meer inligting skakel Leensie Streicher by (028) 4242890 vir u bespreking. Spoedige bespreking is noodsaaklik omdat ‘n beperkte getal seminaargangers akkommodeer kan word.
Nuusvrystelling uitgeruik deur die kantoor van Agri Mega op 8 Augustus 2008


















