Oor Agrimega

Visie
'n Effektiewe werktuig vir volhoubare landbou.
Missie
Agri Mega het ten doel om interaktief met betrokke belangegroepe, deur leierskap en professionele dienslewering, 'n werktuig te wees vir volhoubare landbou.
Doelstellings
Agri Mega strewe om aan die volgende doelstellings te voldoen:
- Die fasilitering van transformasie in primêre landbou;
- Die bevordering van swart ekonomiese bemagtiging in primêre en sekondêre landbou;
- Die fasilitering van strategieë om billike en volhoubare grondhervorming te verseker;
- Die fasilitering van toepaslike opleidings- en ontwikkelingsprogramme in die landbou;
- Die fasilitering van toepaslike konferensies, berade, werkswinkels, seminare en vaardigheidsontwikkeling vir produsente en werknemers;
- Die fasilitering van kommunikasie- en inligtingsessies om die aanwending van toepaslike bestuurspraktyke en nuwe tegnologie te bevorder;
- Die fasilitering van toepaslike ekspo's, demonstrasies, skoue en ander geleentheid aanbiedinge ter bevordering van interaksie tussen belangegroepe en beeldbou;
- Die bedryf van professionele administrasie en dienste wat bydra tot die bevordering van eenheid en volhoubaarheid in landbou;
- Die lewering van promosie-, bemarkings- en mediadienste aan die landbou.


















